Eden FM News

Hond byt vrou


#Die saak teen 'n man van Smartie Town in Oudtshoorn, wat daarvan aangekla word dat hy sy hond aangehits het om 'n vrou te byt, is gister in die Oudtshoorn-landdroshof tot Augustus uitgestel weens onvoldoende hoftyd. Clive Kerspuy (59) is op 18 Novemberverlede jaar in hegtenis geneem nadat sy buurvrou deur sy hond, ’n Rottweiler, op sy erf gebyt is. Hy is ná ’n week in aanhouding op waarskuwing vrygelaat.Die saak dien voor landdros Ntombizandile Maseti en gister is dit op versoek van die staat tot 5 Augustus uitgestel.