Eden FM News

Die bedrogsaak teen ‘n egpaar van Oudtshoorn wat hulle glo met onwettige staatstenders verryk en begunstigdes benadeel het,


DIE bedrogsaak teen ‘n egpaar van Oudtshoorn wat hulle glo met onwettige staatstenders verryk en begunstigdes benadeel het, kon nie verlede week voortgesit word nie omdat hul regsverteenwoordiger in aanraking was met iemand wat positief vir Covid19 getoets het.

Die staat beweer dat Marthinus Rabie, 'n voormalige tegnikus in diens van die Wes-Kaapse Departement van Landbou by die Oudtshoorn proefplaas, sy vrou, Johanna Rabie, se twee beslote korporasies, Attakwa en Gwaiing Ontwikkelings, tussen 2006 en 2008 bevoordeel het met die toekenning van tenders. Miljoene rande is by die saak betrokke. Rabie ontken dat hy sy vrou se besighede bevoordeel het of in diens was van enige van die twee beslote korporasies. Hy ontken ook dat hy betrokke was by die toekenning van tenders of sy vrou gehelp het om hoër graderings te bekom. Streeklanddros Daniel Boks het die verhoor ná die kruisondervraging van Marthinus Rabie tot 11 April uitgestel. Dit is nie duidelik of die verdediging Johanna Rabie sal roep om te getuig nie. Die saak is verlede week vir voortsetting tot 10 Augustus uitgestel.

(Garnett Wicomb).