Eden FM News

Die 35-jarige verdagte wat van moord op ‘n 60-jarige man van Bongolethu op Oudtshoorn wie se lyk in 'n vlak graf op sy erf gevind is, sal vandag om borgtog aansoek doen.


Die 35-jarige verdagte wat van moord op ‘n 60-jarige man van Bongolethu op Oudtshoorn wie se lyk in 'n vlak graf op sy erf gevind is, sal vandag om borgtog aansoek doen.

Patrick Rondganger, 'n vriend van die oorledene se dogter, het volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoon Polisie reeds ‘n bekentenis afgelê. Eric Xaxaka is as vermis by die polisie aangemeld nadat hy nie op Woensdag 6 April by sy werk opgedaag het nie. Volgens Visser het die polisie op Vrydag 8 April die woning van Xaxaka besoek in 'n poging om na hom te soek. Forensiese deskundiges en die K9-eenheid (honde-eenheid) was op die toneel om met die soektog te help en Xaxaka se lyk is later in 'n vlak graf gevind. Rondganger het op Maandag 11 April vir die eerste keer in die hof verskyn en die saak is vir ‘n borgaansoek deur landdros Ntombizandile Maseti tot vandag uitgestel. Gemeenskapslede van Bonglethu beplan om vanoggend ‘n plakkaatbetoging teen die toestaan van borgtog vir Rondganger voor die Oudtshoorn landdroshof te hou.

(Garnett Wicomb).